11 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-07-2025 só ingevul:
’n Sinoniem vir die woord "epilepsie" is ........ .
stuipe konvulsie rukkende siekte vallende siekte
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
En wie dink hy is hy nou eintlik as hy ........ en afgewater is?
opgekook geopkook op gekook geöpkook
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die atleet het ........ gemaak by verlede week se kampioenskap.
skoon-skip skoon skip skoonskip
Die uitdrukking "skoonskip maak" beteken ‘om al die wedstryde te wen’. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die hond verontagsaam al my bevele. Wat is die woordsoort van "verontagsaam" in bostaande sin?
bywoord selfstandige naamwoord voegwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verontagsaam", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)