2217 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 18 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-08-2025 só ingevul:



Die vakansie in die Maledive was ........ my lekkerste vakansie ooit.

66 % (afgerond)verreweg 
3 % (afgerond)by ver
32 % (afgerond)by verre
in die verte

Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "by far" is "verreweg". Die uitdrukking "by verre" is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Waarheen is Katryn-hulle? Hulle is ........ .
2 % (afgerond)soën toe
6 % (afgerond)soon toe
89 % (afgerond)soontoe 
2 % (afgerond)soon-toe

Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf (AWS 15.56).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die kat het koud gekry en onder die komberse ........ .
5 % (afgerond)in gekruip
geinkruip
geïnkruip
94 % (afgerond)ingekruip 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die esels ........ saans in die stal.
9 % (afgerond)bulk
7 % (afgerond)runnik
84 % (afgerond)balk 
1 % (afgerond)brul

Donkies en esels balk, koeie bulk, bulle brul en perde runnik. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties