17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-09-2025 só ingevul:
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
inag genome in aggenome in ag genome inaggenome
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Hulle sê 'n profeet word nooit in sy eie land ........ nie; dis hoekom soveel Suid-Afrikaners oorsee so goed vaar, maar taamlik onbekend is in hul geboorteland.
geêer geëer ge-ëer ge-eer
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: 'n ........ in die kruitvat.
Lont Vuur Vonk Vlam
Die idioom "'n vonk in die kruitvat", beteken ''n plofbare situasie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ is die grootste van die wêreld se oseane.
Stille oseaan Stille Oseaan stille oseaan stille Oseaan
Geografiese name, byvoorbeeld die name van oseane en mere, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)