2215 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-09-2025 (vlak 2)



vorige toets 01 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-09-2025 só ingevul:



Die predikant praat met afgemete sinne.
Wat is die woordsoort van "afgemete" in bostaande sin?

43 % (afgerond)beskrywende byvoeglike naamwoord
42 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord 
4 % (afgerond)preskriptiewe byvoeglike naamwoord
11 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief of byvoeglike naamwoord staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “afgemete sinne”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die sinne is afgemete".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Wie het vir Elon Musk gehelp om sy ........ te begin?
3 % (afgerond)elektriese voertuig-maatskappy
26 % (afgerond)elektriese voertuigmaatskappy
1 % (afgerond)elektriese voertuig maatskappy
70 % (afgerond)elektriesevoertuigmaatskappy 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "elektriese" + selfstandige naamwoord "voertuig") en ʼn selfstandige naamwoord "maatskappy".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die polisie het die saak ........ , maar kon geen bewyse kry nie.
98 % (afgerond)ondersoek 
2 % (afgerond)geondersoek
geöndersoek
ondergesoek

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ek kon sommer sien hy vertrou my nie, hy het my ........ .
4 % (afgerond)deur sy vingers aangekyk
30 % (afgerond)onderlangs beloer
64 % (afgerond)skuins aangekyk 
3 % (afgerond)met 'n donkerbril aangekyk

Om iemand "skuins aan te kyk" beteken om hom met 'agterdog te bejeen'. Ons Engelse vriende sê 'look askance at someone'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties