09 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-12-2025 só ingevul:
Dit sneeu al heeldag. Wat is die woordsoort van "sneeu" in bostaande sin?
adjektief werkwoord selfstandige naamwoord bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "sneeu - gesneeu".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek dink jy het my ........ ; ons het twee pizzas bestel, nie 20 nie.
mis verstaan misverstaan mis-verstaan
ʼn Samestelling (“misverstaan”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“mis” en “verstaan”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Vir baie mense is ........ ’n rusdag.
Sondag sondag son dag Son Dag
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Oswald het hom ........ geskrik toe hy laat die nag ʼn geluid in sy badkamer hoor.
boeglam stapelwit morslam pootuit
As jy groot skrik, sê ons jy skrik jou "boeglam", "spierwit", "morsdood", "asvaal" of "yskoud". Jy kan jouself ook "boeglam" of "pootuit" werk as jy hard werk. Uit Ndl: lam in die boeë.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)