30 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-01-2026 só ingevul:
'n Antoniem vir die woord "toevoer" is ........ .
ontvoer uitvoer aanvoer afvoer
Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Ek wil nog die Sterkfonteingrotte ........ .
besugtug besigtig besugtig besigtug
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "besugtig" in plaas van die korrekte "besigtig".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Idioom: ........ in die neus kry.
Snuif Rook Snuf Asem
Die idioom "snuf in die neus kry" beteken 'agterdogtig word'. Een betekenis van "snuf" is 'n reuk of geur; as dit sleg is, wek dit 'n vermoede by die persoon wat die lug met sy neus snuif. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Jacques dra net skoene en handskoene van leer. Wat is die woordsoort van "leer" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord voornaamwoord byvoeglike naamwoord bywoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “leer - die leer”. Sommige naamwoorde soos "leer" het nie meervoud nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)