30 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-01-2026 só ingevul:
Peter het sy ........ by die firma opgesê en besluit om sy eie onderneming te begin.
notariskap notarisskap notaariskap notaarisskap
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
........ , kyk nou hoe onnosel!
O Sjoe Sjuut Ai
Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui. Die woord "ai" is 'n uitroep van pyn, ongeduld of vreugde. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Leonie het van haar man 'n karba van die beste wyn as ........ ontvang.
huweliksherdenkings-geskenk huweliksherdenkingsgeskenk huweliks herdenkings geskenk huweliks herdenkingsgeskenk
ʼn Samestelling (“kombuiskas”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kombuis” en “kas”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ouers wat niks verkeerd sien in hul kind se optrede nie. 'n Sinoniem vir die woord "kind" in bostaande sin is ........ .
huishulp telg skool pediater
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "kind" is "telg". Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)