02 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-02-2026 só ingevul:
Dis ʼn ........ dat sy nie in die ongeluk beseer is nie.
wonder woner wonner
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “wonder”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Die Proteas het ’n ........ poging aangewend om die Srilankane in die eendagwedstryd te keer.
pover povere powere power
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("power"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Het jy al ooit die Sterkfonteingrotte in die ........ van die Mensdom besoek?
wieg wig Wieg Wig
Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
In die vroeë jare tagtig het die jong mense gereeld gaan ........ .
diskou disco disko
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)