15 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-04-2026 só ingevul:
Die ........ is 'n bekende Suid-Afrikaanse toeristeattraksie.
Blou trein Blou Trein Blou-trein Bloutrein
Byvoeglike naamwoorde (soos "blou") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pasiënt") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Omdat "Bloutrein" 'n eienaam is, word dit altyd met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Hierdie ........ denkwyse hou glad nie tred met die tyd nie.
geykte geÿkte ge-ykte
Omdat daar geen uitspraakprobleme by die woord "geyk" ontstaan nie, kry dit nie 'n deelteken of koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die soldate het vir ontspanning die menasie besoek. 'n Sinoniem vir "menasie" is.
soldate-eetplek kroeg gimnasium bordeel
Die woord "menasie" is 'n leenwoord uit Frans ("ménage") en verwys na die plek waar soldate hulle porsies kos ("mes" in Oudfrans) gekry het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
'n Lid van ’n ambulansspan wat noodhulp toepas, staan bekend as 'n ........ .
Dokter Paradokter paramedikus ambulansdokter
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “paramedikus”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)