10 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-03-2026 só ingevul:
Ek sal nie kan gaan fliek nie; ek moet vanaand die kinders oppas. Wat is die woordsoort van "oppas" in bostaande sin?
bywoord werkwoord voegwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde vorm die verlede tyd met "-ge-", byvoorbeeld "oppas - opgepas".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ná die goeie reën is daar baie opdrifsels wat in die rivier ........ .
afdryf af dreif af dryf afdreif
ʼn Samestelling (“afdryf”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“af” en “dryf”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons gaan op 16 Desember ........ vier.
erfenisdag Versoeningsdag Erfenisdag versoeningsdag
Die name van feesdae word altyd met 'n hoofletter geskryf.
dieper die donker groter pronker beter die pronker stouter in die donker
Die idioom "hoe kaler jonker, hoe groter pronker", beteken 'wie die minste besit, spog gewoonlik die grootste'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)