2111 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 10 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-03-2026 só ingevul:



Verskeie ........ word deesdae op hoë vlak gevoer om die spanning in Oekraïne op te los.
1 % (afgerond)dialoogs
98 % (afgerond)dialoë 
1 % (afgerond)dialogens
dialoges

By naamwoorde wat oop “-eg”, “-ieg”, “og”, “oeg” en “oog” eindig, val die “g” weg en kry ’n “ë”, byvoorbeeld “weg – weë”, “vlieg – vlieë”, “oorlog – oorloë” (AWS 13.11).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die boer moet vanjaar nuwe ........ koop.
16 % (afgerond)implimente
1 % (afgerond)emplimente
83 % (afgerond)implemente 
1 % (afgerond)emplemente

Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Kiëf is die hoofstad van ........ .
9 % (afgerond)Ukraïene
68 % (afgerond)Oekraïne 
9 % (afgerond)die Oekraïene
14 % (afgerond)die Oekraïne

Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekraïne
Sien ook die bladsy Plekname.



Verskeie perde en hul ruiters het aan vanjaar se ........ deelgeneem.
2 % (afgerond)djimkana
46 % (afgerond)gymkana
25 % (afgerond)gymkhana
27 % (afgerond)gimkana  

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties