29 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-04-2026 só ingevul:
Sy stokperdjie is om ........ te probeer oplos.
enigmae enigma’s enigmas enigmaens
Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie en op ’n onbeklemtoonde "ie" of "ee" eindig ("enigma"), kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
In 'n hospitaal is ........ uiters belangrik.
higiëne hygieëne hiegiëne hygiëne
Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 18.9).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
’n Mens sien dikwels ........ in tuine.
skoenlapers skoen-lappers skoen lappers skoenlappers
ʼn Samestelling ("skoenlapper") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("skoen" en "lapper") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Sinoniem vir die woord "afdeling" is ........ .
vleuel breuk seksie buurt
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het soos die woorde "afdeling" en "seksie".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)