28 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-04-2026 só ingevul:
Die nuwe toestel wat Maria gekoop het is defek. Wat is die woordsoort van die woord "defek" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord werkwoord Byvoeglike naamwoord bywoord
’n Byvoeglike naamwoord (of adjektief) beskryf die eienskap van die naamwoord.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
As dit by kattekwaad kom, is Frank gewoonlik die ........ .
voor bok voor-bok voorbok
ʼn Samestelling ("voorbok") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voor" en "bok") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ mevrou Joubert het altyd die heerlikste koeksisters gebak.
Wuile Weile Wyle
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Uitdrukking: Van ........ en gener waarde.
jener nul geen beter
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)