2132 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 24 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-03-2026 só ingevul:



Moenie in die plas water trap nie; jou skoene gaan nat word.
Wat is die woordsoort van "plas" in bostaande sin?
2 % (afgerond)bywoord
26 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
3 % (afgerond)werkwoord
69 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “plas - die plas - plasse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek soek dringend 'n ........ vanaf Johannesburg na Pietermaritzburg, asseblief.
3 % (afgerond)saam ry geleentheid
6 % (afgerond)saamry-geleentheid
80 % (afgerond)saamrygeleentheid 
10 % (afgerond)saamry geleentheid

Samestellende samestellings bestaan tipies uit die verbinding tussen 'n woordgroep ("saam" + "ry") en 'n selfstandige naamwoord ("geleentheid") en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Wat maak julle vir ........ ?
18 % (afgerond)krismis
11 % (afgerond)Krismes
70 % (afgerond)Krismis 
1 % (afgerond)krismes

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae ("Krismis") word met ʼn hoofletter geskryf. Die woord "Krismis" word veral in informele spreektaal aangetref. In meer formele, geskrewe kontekste gebruik ons "Kersfees".
Sien ook die bladsy Feesdae.



Uitdrukking: 'n Mens moet by die ........ begin.
80 % (afgerond)begin 
middel
1 % (afgerond)stert
19 % (afgerond)kop

Die uitdrukking "'n mens moet by die begin begin", beteken ''n Mens moet 'n taak op 'n stelselmatige manier doen.'
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties