24 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-03-2026 só ingevul:
Die klerewinkel het fraai ........ vir dogtertjies.
kleurtjies kleertjies kleerkies kleurkies
Oorronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek. Oorronding is 'n verskynsel wanneer mense woorde uitspreek met geronde lippe, waar dit nie nodig is nie. "kleurtjies" is kleure -'wit', 'rooi', ensovoorts. "kleertjies" is drag vir kinders.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Jan en Marike het albei droombeelde van 'n toekoms saam, maar hulle onderskeie ........ verskil hemelsbreed van mekaar.
utopiëe utopies utopië utopieë
Wanneer 'n woord reeds op 'n "e" eindig (soos "utopie") en sy meervoud deur die toevoeging van 'n "-e" gevorm word, kry daardie "-e" 'n deelteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Myns insiens is die woord "trok" ........ en behoort nie as Standaardafrikaans gereken te word nie.
onafrikaans of on-Afrikaans slegs Onafrikaans slegs on-Afrikaans
Wanneer byvoeglike naamwoorde wat afgelei is van woorde wat normaalweg met 'n hoofletter gespel word, deur die voorvoegsel "on-" voorafgegaan word, kan die woord sonder 'n koppelteken met 'n kleinletter vas aan die voorvoegsel geskryf word, byvoorbeeld "onafrikaans", "onboeddhisties", "onbybels". Hierdie woorde mag egter ook met 'n koppelteken gespel word, byvoorbeeld "on-Afrikaans".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die tender is in die regering se ........ gepubliseer.
gasette gaset gazette gazet
Die Afrikaanse spelling vir die Franse "gazette" is "gaset".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)