2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 03 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-04-2026 só ingevul:



Bewyse van goeie maatskaplike diens kan gesien word in die ........ in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.
26 % (afgerond)reuse verbetering
2 % (afgerond)reusverbetering
72 % (afgerond)reuseverbetering 
reus verbetering

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Hannes ........ nie die grappe wat ons maak nie.
92 % (afgerond)snap 
8 % (afgerond)vang

Die antwoord is "snap", aangesien "vang" in hierdie konteks 'n anglisisme is.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Idioom: Hy staan gou op sy ........ as iemand hom agiteer.
bene
hande
98 % (afgerond)agterpote 
2 % (afgerond)voete

Hierdie idioom beteken 'hy word gou kwaad'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 16 Desember gevier word?

3 % (afgerond)Versoeningdag
Versoening-dag
Versoening Dag
97 % (afgerond)Versoeningsdag 

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties