07 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-04-2026 só ingevul:
Daar was op eens 'n harde slag en skielik was alles doodstil. Wat is die woordsoort van "slag" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord werkwoord selfstandige naamwoord bywoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “slag - die slag – slae”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Skep die ........ uit die konfyt voor jy dit op die tafel sit.
sandsuiker sand-suiker sand suiker
ʼn Samestelling (“sandsuiker”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“sand” en “suiker”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. ná
Sien ook die bladsy Samestellings.
’n ........ om die skouers is deesdae weer hoogmode.
Mantil mantel mantil Mantel
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Idioom: Iemand 'n ........ in die kop praat.
gat pruik skoot pyn
Die uitdrukking "iemand 'n gat in die kop praat" beteken 'iemand ompraat om iets te doen'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)