2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 13 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-04-2026 só ingevul:



Ek het die bed met lakens van ........ oorgetrek.
98 % (afgerond)satyn 
satuin
2 % (afgerond)satein

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "satuin" in plaas van die korrekte "satyn".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Hy het sommer ........ sonder om te klop.

geïnkom
94 % (afgerond)ingekom 
6 % (afgerond)in gekom

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



'n Afbeelding van die ........ kom voor op die landsvlae van 'n handjievol lande wat in die Suidelike Halfrond geleë is, waaronder Australië, Nieu-Seeland en Samoa.
63 % (afgerond)Suiderkruis 
34 % (afgerond)Suiderkruis of suiderkruis
3 % (afgerond)suiderkruis

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels). Sien reël 9.9 in die AWS.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Dit was ʼn tyd van groot verdriet.
'n Sinoniem vir die woord "verdriet" is ........ .
1 % (afgerond)vreugde
3 % (afgerond)bitterheid
genoegdoening
96 % (afgerond)hartseer 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties