2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 16 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-04-2026 só ingevul:



'n Antoniem vir die woord "optimis" is ........ .
pestilensie
bitterbek
4 % (afgerond)sonstraaltjie
96 % (afgerond)pessimis 

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het, byvoorbeeld "optimis - pessimis" en "mooi - lelik".
Sien ook die bladsy Antonieme.



Die dikkop is so goed ........ , ek het amper oor hom gery.
3 % (afgerond)kamoefleer
kamoevleer
4 % (afgerond)gekamoevleer
93 % (afgerond)gekamoefleer 

Woorde wat op "-eer" eindig en uit meer as twee lettergrepe bestaan, kry altyd "ge-" in die verledetydsvorm.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die woord "askeet" word gebruik om te verwys na ........ .

89 % (afgerond)iemand wat hom/haar weerhou van enige liggaamlike genietinge 
3 % (afgerond)ʼn lid van ʼn geheime Roomse organisasie
2 % (afgerond)iemand wat vol skete is
6 % (afgerond)ʼn lid van ʼn uitgestorwe beskawing

Askese is die beoefening van onthouding van enige sinlike genot en kom byna in alle godsdienste voor. Iemand wat rein en vroom lewe, voer dus ʼn asketiese bestaan. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die bloed drup uit die sny in sy vinger.
Wat is die woordsoort van "drup" in bostaande sin?

13 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
afgetrokke hoofwerkwoord
60 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
27 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties