2084 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 28 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-04-2026 só ingevul:



Die nuwe toestel wat Maria gekoop het is defek.
Wat is die woordsoort van die woord "defek" in bostaande sin?
16 % (afgerond)selfstandige naamwoord
14 % (afgerond)werkwoord
55 % (afgerond)Byvoeglike naamwoord 
15 % (afgerond)bywoord

’n Byvoeglike naamwoord (of adjektief) beskryf die eienskap van die naamwoord.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As dit by kattekwaad kom, is Frank gewoonlik die ........ .
1 % (afgerond)voor bok
1 % (afgerond)voor-bok
98 % (afgerond)voorbok 

ʼn Samestelling ("voorbok") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voor" en "bok") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ mevrou Joubert het altyd die heerlikste koeksisters gebak.
1 % (afgerond)Wuile
6 % (afgerond)Weile
93 % (afgerond)Wyle 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Uitdrukking: Van ........ en gener waarde.
4 % (afgerond)jener
89 % (afgerond)nul 
5 % (afgerond)geen
1 % (afgerond)beter

Die uitdrukking "van nul en gener waarde" beteken 'niks werd'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties