07 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-05-2026 só ingevul:
Stoptekens en toegeetekens is voorbeelde van ........ .
pad tekens pattekens padtekens pat-tekens
ʼn Samestelling (“padtekens”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pad” en “tekens”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Eers word gestrek ........ dan word hulle nekke in die rondte gerol.
; , - .
ʼn Komma word gebruik by ʼn bysin of toevoeging wat uitbrei op wat reeds genoem is.
Sien ook die bladsy Komma.
Ouma verpes dit as Gert kom kuier, want hy rook soos 'n ........ .
lokomotief skoorsteen trekker kaggel
Die vergelyking 'rook soos 'n skoorsteen' verwys na iemand wat aanhoudend rook.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
........ winkel verkoop net volstruisleerhandsakke.
Die die
Die eerste woord in 'n sin, solank as wat dit nie 'n syfer, getal of simbool is nie, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)