12 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-05-2026 só ingevul:
"Dankie, jou hulp was baie ........ ."
oppurtuun oppirtien opportuun oppertien
"Opportuun" (b.nw. en bw.) beteken 'op 'n geleë tyd' of 'van pas'. Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.
Die ........ wol is reeds verpak vir die mark.
slegs geklaste slegs geklasde geklaste of geklasde slegs geklast
'n Deelwoord is 'n woord wat deels 'n werkwoord en deels 'n ander woordsoort is. Dit kan byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord wees. As die werkwoord op "f", "g" of "s" eindig, kry dit "ge-+-te" of "ge-+-de" in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Namibië is eers ........ genoem.
Suidwes-Afrika Suid Wes Afrika Suid-wes-Afrika Suidwesafrika
Indien 'n windrigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter. Dit geld ook vir saamgestelde rigtingkomponente ("suidwes").
Sien ook die bladsy Plekname.
In my ........ as voorsitter het ek die vergadering afgesluit.
aangedanigheid danigheid hoedanigheid sodanigheid
Die woord "hoedanigheid" beteken 'funksie' of 'eienskap'; die woord "danigheid" beteken 'oorvriendelik' of 'baie deftig'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)