0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 19 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-05-2026 só ingevul:



Het jy al jou kos ........ ?
geöpeet
6 % (afgerond)op geëet
geopeet
94 % (afgerond)opgeëet 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



By nadere ........ van die saak het ek van mening verander.
11 % (afgerond)beskouïng
89 % (afgerond)beskouing 
beskou-ing

Die opeenhoping van vokale in die woord "beskouing" lewer geen leesbaarheidsprobleme nie, en vereis dus nie 'n deelteken of koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Sy familie noem hom ........ , omdat hy 'n voorliefde het vir duur motors.
1 % (afgerond)Blink stefaans
4 % (afgerond)blink stefaans
82 % (afgerond)Blink Stefaans 
13 % (afgerond)blink Stefaans

Indien 'n bynaam los van die gewone eienaam geskryf word, begin albei die name met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Ons het die volgende môre met hoenderkraai vertrek om die verkeer te mis.
'n Sinoniem vir "hoenderkraai" is ........ .
lawaai
sonsondergang
99 % (afgerond)dagbreek 
wekker

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Die woord "hoenderkraai" beteken 'dagbreek'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties