15 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-06-2026 só ingevul:
Die dief het my handsak probeer gryp, maar ek het verbete daaraan vasgeklou. Wat is die woordsoort van "verbete" in bostaande sin?
bywoord voornaamwoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord
'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het ek aan die handsak vasgeklou? Die antwoord: verbete.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die ........ van die gebou laat veel te wense oor.
instand houding in stand houding in standhouding instandhouding
Samestellende afleidings bestaan uit ’n agtervoegsel ("-ing") wat ’n woordgroep ("in stand hou") saambind tot ’n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Hoeveel ........ moet jy dié maand werk?
nagskoftes nagskowwe nagskofte
Woorde wat op ʼn kort vokaal en 'n "f" eindig, kry 'n "ww" in die meervoudsvorm. Die "t" in die meervoud "skofte" is deel van die oorspronklike stam, wat in die meervoudsvorm in Afrikaans behoue gebly het. (AWS 13.1 (f))
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Dis tyd dat jy aan die werk spring; 'n goeie begin is ........ .
halfpad gewin half gewen halfpad gewonne min gespin
Die idioom "'n goeie begin is halfpad gewin" beteken 'as 'n mens fluks begin, kom die werk gou klaar'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)