1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-06-2026 só ingevul:



Die Hexrivierpas se kruin is ........ bo seespieël.
2 % (afgerond)963 M
57 % (afgerond)963 m 
40 % (afgerond)963m
1 % (afgerond)963M

SI-simbole word in die reël met kleinletters geskryf. Indien ’n getal voor ’n SI-simbool geskryf word, word ’n spasie tussen die getal en die simbool gelaat.
Sien ook die bladsy Simbole.



Die ontvoerders het ʼn miljoen rand as ........ vir die ontvoerde dogtertjie geëis.
1 % (afgerond)los-prys
los prys
99 % (afgerond)losprys 

ʼn Samestelling (“losprys”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“los” en “prys”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ kan groot skade aan houtwerk aanrig.
kewerens
Kewerens
5 % (afgerond)kewers
95 % (afgerond)Kewers 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



........ Die volgende trein vertrek eers oor drie ure! Ek gaan nóóit betyds wees nie!
Watter tussenwerpsel sal 'teleurstelling' in bostaande sinne uitdruk?
1 % (afgerond)Hoera!
1 % (afgerond)Foeitog!
Jippie!
98 % (afgerond)Ag nee! 

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Jippie!" en "Hoera!" druk blydskap of vreugde uit, terwyl "Foeitog!" gebruik word om medelye uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties