Die kerktoring word herstel en is daarom omring deur ........ .
styers styërs steiërs steiers
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die oormag was te groot; ons moes die ........ blaas.
af-tog aftog af tog
ʼn Samestelling ("aftog") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("af", en "tog") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Daar was ’n lekker, gesellige atmosfeer in die ........ .
shebeen sjebien shebien
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)