1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 24 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-06-2026 só ingevul:



Die provinsie het ook 'n ........ aangestel om ondersoeke te versnel.
1 % (afgerond)teen korrupsie raad
8 % (afgerond)teen korrupsieraad
89 % (afgerond)teenkorrupsieraad  
2 % (afgerond)teen korrupsie-raad

ʼn Samestelling (“teenkorrupsieraad”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Een van die belangrikste groepe lewende organismes is ........ .
2 % (afgerond)bakteriee
26 % (afgerond)bakterië
69 % (afgerond)bakterieë 
3 % (afgerond)bakteries

Sommige woorde wat op "-ie" eindig, kry in die meervoudsvorm 'n deelteken: "-ieë".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: In iemand se ........ staan.
93 % (afgerond)son 
2 % (afgerond)maanskyn
2 % (afgerond)lamp
2 % (afgerond)skynwerper

Hierdie idioom beteken 'iemand onaangenaamheid veroorsaak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 26 Desember gevier word?
7 % (afgerond)Welwilendheidsdag
76 % (afgerond)Welwillendheidsdag 
15 % (afgerond)Familiedag
2 % (afgerond)Famieliedag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties