1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 19 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-08-2026 só ingevul:



Weens haar diepe belangstelling in ........ , volg Suzane elke berig daaroor op.

49 % (afgerond)aërodinamika 
5 % (afgerond)äerodinamika
46 % (afgerond)aerodinamika
äërodinamika

"Aërodinamika" is 'die leer van die beweging van gasse in die lug'.

Woorde wat van Griekse herkoms is en met ae begin, word tradisioneel met 'n deelteken op die e geskryf word. Byvoorbeeld, "aërodinamika", "aërobies" en "aërosol".

Sien ook die bladsy Deelteken.



Wat is 'n "tummy tuck" in Afrikaans?
3 % (afgerond)slegs apdominoplastiek
18 % (afgerond)slegs abdominoplastie
9 % (afgerond)slegs abdominaplastie
70 % (afgerond)abdominoplastiek of abdominoplastie 

Die woord "abdominoplastie(k)" is 'n neoklassieke samestelling en bestaan uit die volgende Latynse en Griekse dele:
"abdomen" 'maag' (stam: "abdom"; Latyn)
"-o-" is 'n verbindingsmorfeem
"plastiek" 'die daad om iets te vorm' (gevorm uit die Griekse "plassein" 'om te vorm')
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ loop deur Egipte.
10 % (afgerond)kreefskeerkring
1 % (afgerond)kreefkeerkring
6 % (afgerond)Kreefkeerkring
82 % (afgerond)Kreefskeerkring 

Geografiese benamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die twee partye het ooreengekom om eers te verdaag en weer ter ........ tyd te vergader om die onderwerp opnuut aan te roer.
1 % (afgerond)geleender
5 % (afgerond)geleëner
37 % (afgerond)gelegener
57 % (afgerond)gelegener of geleëner 

Die uitdrukking "te(r) geleëner (gelegener) tyd" beteken volgens die HAT: 'op 'n tyd wat meer geleë (geriefliker, geskikter, meer van pas) is as die huidige'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties