1803 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 14 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-09-2026 só ingevul:



Hy is 'n geslepe (oftewel ........ ) persoon.
'n Sinoniem vir "geslepe" is:
1 % (afgerond)rustige
opgetooide
98 % (afgerond)sluwe 
1 % (afgerond)afgeronde

Die deelwoord "geslepe" kom van die werkwoord "slyp". Iemand wat geslepe is, doen dinge dus met vlymskerp vernuf (meestal skelm).
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Idioom: Op die ........ blaas.
39 % (afgerond)tou 
13 % (afgerond)kers
44 % (afgerond)vlam
5 % (afgerond)koek

Die idioom "op die tou blaas", beteken 'die osse aanmoedig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.
5 % (afgerond)driemaandebasiese opleiding
31 % (afgerond)driemaande- basiese opleiding
52 % (afgerond)drie maande basiese opleiding 
12 % (afgerond)driemaandebasiese-opleiding

Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn".
AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Gustav wil John se onderneming uitkoop.
Wat is die woordsoort van "wil" in bostaande sin?
18 % (afgerond)hulpwerkwoord van tyd
11 % (afgerond)koppelwerkwoord van beplanning
3 % (afgerond)skakelwerkwoord van skakeling
67 % (afgerond)hulpwerkwoord van modaliteit 

'n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan een ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "sal" en "wil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties