18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-09-2026 só ingevul:
Die belang van 'n goeie opvoeding kan nie onderskat word nie. 'n Sinoniem vir die woord "opvoeding" in bostaande sin, is ........ .
beginsel prestasie skoling kos
Sinonieme is verskillende woorde ("opvoeding" en "skoling") wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die ........ wat die EU stel, is bykans onbereikbaar vir Suid-Afrikaanse boere.
maatstawe maatstafs maatstawwe maatstaffens
Woorde wat op ʼn kort vokaal en ʼn "f" eindig, kry ʼn "ww" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "maatstaf – maatstawwe").
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Fiona se skielike vriendelikheid slaan my ........ .
dronk uit seer stukkend
Die idioom "dit slaan my dronk", beteken 'ek verstaan dit nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die advokaat het die beskuldigde se saak in die hof bepleit. Wat is die woordsoort van die woord "bepleit" in bostaande sin?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "bepleit" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)