28 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-09-2026 só ingevul:
Daar is bevind dat die burgemeester sommige kandidate vir die pos begunstig het. Watter woordsoort is die woord "begunstig"?
oorganklike hoofwerkwoord statiese hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord beskrywende hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die burgemeester begunstig die kandidate. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" of "Wie?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die burgemeester beskerm onregmatig. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Op die kerkbasaar het die ........ die meeste geld ingesamel.
wit-olifant-tafel wit olifant tafel witolifanttafel wit olifant-tafel
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "wit" + selfstandige naamwoord "olifant") en ʼn selfstandige naamwoord "tafel".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die naamwoordvorm van die byvoeglike naamwoord "voortvlugtig" is "voortvlugtige". Naamwoorde wat op "-e" eindig, kry "-s" in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die premier het sy ........ uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens.
weemoed hartseer lof genot
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “jou kritiek/kommer/medelye/dank/lof/ens. uitspreek”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Hoewel daar verskeie moontlikhede is om saam met "uitspreek" te gebruik, is die woord "hartseer" in hierdie konteks die geskikste.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)