1753 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 30 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-09-2026 só ingevul:



Die ........ in die ou huis is almal buite werking.
12 % (afgerond)rely's
21 % (afgerond)releis
21 % (afgerond)relys
46 % (afgerond)relês 

Woorde wat op 'n vokaalletter met 'n diakritiese teken eindig , kry 'n "-s" in die meervoud, sonder 'n afkappingsteken.
'n Relê is 'n tussenskakelaar, en dit word uitgespreek as [rə'lɛ].
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Die reg wat betrekkinge onderling tussen burgers reël, staan bekend as ........ .

17 % (afgerond)privaat reg
74 % (afgerond)privaatreg 
4 % (afgerond)privatereg
5 % (afgerond)private reg

Die woord "privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. Die woord "privaatreg" is 'n uitsondering. 

Sien ook die bladsy Samestellings.



Eerskomende Sondag word ........ gevier.
47 % (afgerond)Nagmaal
53 % (afgerond)nagmaal 

Die "nagmaal" is nie 'n amptelike kerklike feesdag (soos "Hemelvaartdag") nie en word daarom met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



........ , soos ek gedink het, het jy nie die paal gehaal nie.
82 % (afgerond)Ja-nee 
4 % (afgerond)Ja, nee
2 % (afgerond)Janee
12 % (afgerond)Ja nee

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ja-nee!" beteken 'seker', 'stellig' of 'ongetwyfeld'.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties