1753 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-10-2026 só ingevul:



Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
21 % (afgerond)pakketkantoor
3 % (afgerond)paketkantoor
28 % (afgerond)pakettekantoor
48 % (afgerond)pakkettekantoor 

ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die griep maak my miserabel.
Wat is die woordsoort van "miserabel" in bostaande sin?
bywoord van tyd
36 % (afgerond)bywoord van modaliteit
14 % (afgerond)bywoord van graad
50 % (afgerond)bywoord van wyse 

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "miserabel", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Iemand van die egte ........ .
78 %stoffasie
4 % (afgerond)mondering
4 %bloed
14 % (afgerond)stempel 

Die idioom "iemand van die egte stempel" beteken 'iemand met 'n karaktervaste eienskap.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons Joodse bure vier vandag ........ ; oftewel die Joodse Nuwejaar.
54 % (afgerond)Roosj Hasjana 
1 % (afgerond)roosh hashana
1 % (afgerond)roosj hasjana
44 % (afgerond)Roosh Hashana

Die name van Joodse feesdae word verafrikaans. Die Hebreeuse ראש השנה beteken "hoof van die jaar" in Afrikaans.

Sien ook die bladsy Feesdae.



TOTAALRESULTAAT:
41% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties