12 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-10-2026 só ingevul:
Die koronavirus kom al in verskeie lande voor en daar is geen keer aan die epidemie nie. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "epidemie" in bostaande sin?
siektename soortname versamelname abstrakte naamwoorde
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "epidemie", "geheim", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek het vanoggend ........ werk toe op 'n groot ongeluk afgekom, daarom was ek laat.
op pad oppad opad
Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Darius het nie lekker by sy ou skool ........ nie en is na 'n ander skool toe.
geïnpas in gepas inpas ingepas
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Idioom: So min weet soos 'n aap van ........ .
Afrikaans wiskunde godsdiens geskiedenis
Die uitdrukking "so min weet soos 'n aap van godsdiens" beteken 'heeltemal niks van 'n saak weet nie'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)