03 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-11-2026 só ingevul:
Jason het 'n eier in die veld opgetel; dit lyk soos 'n ........ .
tinktinkie-eiertjie tinktinkie eiertjie tinktinkieëiertjie
As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die vroulik van "swaer" is ........ .
stiefsuster skoonsuster nig swaerin
Die woord "skoonsuster" staan teenoor "swaer", soos wat "nig" teenoor "neef" staan.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Job se lewe het gespreek van ........ .
slegs Godvresendheid slegs godvresendheid Godvresendheid of godvresendheid
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
'n Sinoniem vir die abstrakte selfstandige naamwoord "ontsag" is ........ .
respek minagting deernis
Behalwe vir "respek" is daar ook ander sinonieme vir "ontsag", waaronder "eerbied" en "agting".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)