05 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-11-2026 só ingevul:
Op VivA se webwerf is daar verskillende ........ van gepubliseerde tekste.
korpusse of corpora slegs korpora slegs korpusse slegs corpora
Volgens die AWS is "korpus" se meervoud "korpusse". Die wisselvorm "corpus" se meervoud is "corpora".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
In die tuin groei daar 'n pragtige ........ .
affoddil affodul afoddil affodil
Die konsonant wat volg op 'n kort vokaal word gewoonlik verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die motor maak 'n groot lawaai as ek om 'n draai gaan. Dit beteken waarskynlik dat die ........ vervang moet word.
konstantesnelheidslasas konstante-snelheids-las-as konstante snelheids las as konstante snelheidslas-as
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "konstante" + selfstandige naamwoord "snelheid") en ʼn selfstandige naamwoord "lasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Iemand wat vir ʼn stokperdjie boer, noem ons 'n ........ .
tjekboekboer naweekboer of stokperdjieboer stokperdjieboer of tjekboekboer tjekboekboer of naweekboer
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "tjekboekboer - naweekboer", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)