16 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-11-2026 só ingevul:
Die somer was relatief warm. Wat is die woordsoort van "relatief" in bostaande sin?
bywoord van wyse bywoord van skakeling bywoord van relatiwiteit bywoord van modaliteit
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "vinnig", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "relatief".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die ........ sal u bo-aan die bladsy vind.
kontakbesonderhede kontak besonderhede kontak-besonderhede
ʼn Samestelling (“kontakbesonderhede”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kontak” en “besonderhede”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Van al die jare wat Peter verkeerde skoene dra, is sy voete nou vol ........ .
eelts eelte eeltse eeltens
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Green Peace was tereg ontstoke nadat die vissers weereens dolfyne ........ gemaak het.
vakant vankant van kant
Die uitdrukking "iets van kant maak" beteken om 'iets dood te maak' of 'uit die weg te ruim'. Die woorde "van kant" word los geskryf.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)