23 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-11-2026 só ingevul:
Ons het in die wildtuin op 'n trop olifante afgekom. Wat is die woordsoort van "trop" in bostaande sin?
eienaam soortnaam maatnaam versamelnaam
Versamelname is selfstandige naamwoorde wat 'n groep soortname beskryf, byvoorbeeld 'n "trop" olifante, 'n "skool" visse, 'n "swerm" bye.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die professor gee vandag 'n ........ aan die mediese studente.
anatomieles anatomie les anatomie-les anatomiles
ʼn Samestelling (“anatomieles”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“anatomie” en “les”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy ........ dade gaan hom nog in groot moeilikheid laat beland.
onbesinde onbesinne onbesône onbesonne
Die verlede deelwoord van die werkwoord "besin" is "besonne". Dit word beskou as 'n sterk verlede deelwoord, aangesien klinkerverandering plaasvind. Dit dui meestal op 'n figuurlike betekenis, of dat dit (soos hier die geval is) in 'n vaste uitdrukking gebruik word.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)