28 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-07-2025 só ingevul:
Die eende is op 'n waggeling dam toe. Die woord "waggeling" in bostaande sin is 'n ........ .
voegwoord bywoord selfstandige naamwoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “waggeling - die waggeling – waggelinge”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die speurders ........ om die skuldige te vang.
volg al die leidrade op volgop al die leidrade opvolg al die leidrade volg op al die leidrade
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die speurders volg die leidrade op.” en “Ons moet die leidrade opvolg.”.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die nuwe intrekkers het ons straat ........ deur hul huis pienk-en-pers te verf.
gemismaak mis gemaak misgemaak mismaak
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Idioom: Dit is nie moeilik te raaie nie; dit staan duidelik op jou ........ geskryf.
voorkop maag hand hemp
Die uitdrukking as iets op jou "voorkop geskryf staan" beteken 'n mens kan 'duidelik iets aan iemand sien'. In Engels sê hulle "something is written all over someone's face". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)