2229 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 28 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-07-2025 só ingevul:



Die eende is op 'n waggeling dam toe.
Die woord "waggeling" in bostaande sin is 'n ........ .
1 % (afgerond)voegwoord
13 % (afgerond)bywoord
43 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
43 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “waggeling - die waggeling – waggelinge”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die speurders ........ om die skuldige te vang.

97 % (afgerond)volg al die leidrade op 
1 % (afgerond)volgop al die leidrade
opvolg al die leidrade
2 % (afgerond)volg op al die leidrade

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die speurders volg die leidrade op.” en “Ons moet die leidrade opvolg.”.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die nuwe intrekkers het ons straat ........ deur hul huis pienk-en-pers te verf.


7 % (afgerond)gemismaak
1 % (afgerond)mis gemaak
3 % (afgerond)misgemaak
88 % (afgerond)mismaak 

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Idioom: Dit is nie moeilik te raaie nie; dit staan duidelik op jou ........ geskryf.
97 % (afgerond)voorkop 
1 % (afgerond)maag
1 % (afgerond)hand
hemp

Die uitdrukking as iets op jou "voorkop geskryf staan" beteken 'n mens kan 'duidelik iets aan iemand sien'.
In Engels sê hulle "something is written all over someone's face".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties