3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 17 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-09-2019 só ingevul:



Die swendelaar het al baie mense met sy slenters gevang.
Wat is die woordsoort van "slenters" in bostaande sin?



83 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
5 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)voornaamwoord
11 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “slenter - die slenter – slenters”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




ʼn Sterk ........ kan stede verwoes en baie mense laat sterf.


97 % (afgerond)aardbewing 
3 % (afgerond)aard-bewing
1 % (afgerond)aard bewing

ʼn Samestelling ("aardbewing") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aard" en "bewing") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




AB ........ is tans die beste kolwer in die wêreld.


80 % (afgerond)de Villiers 
2 % (afgerond)De villiers
1 % (afgerond)de villiers
16 % (afgerond)De Villiers

Indien vanne uit twee los geskrewe dele bestaan, begin elke deel met 'n hoofletter (byvoorbeeld "De Villiers"). As 'n voorletter of voornaam dit egter voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Dit is opwindende nuus, maar die ........ kan nog nie uit die mou gelaat word nie.



3 % (afgerond)hond
86 % (afgerond)aap 
7 % (afgerond)kat
3 % (afgerond)haas

Die uitdrukking "die aap uit die mou laat" beteken 'die geheim bekend maak'.

Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties