3739 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 14 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-10-2019 só ingevul:



'n Agtsilinderenjin het ook agt suiers wat op en af in die silinders beweeg.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "suiers" in bostaande sin?


80 % (afgerond)soortname 
11 % (afgerond)eiename
7 % (afgerond)enjinname
1 % (afgerond)stofname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "suier", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die ........ is bekend vir sy relatief matige klimaat.


98 % (afgerond)Hoëveld 
1 % (afgerond)Hoë-veld
Hoë veld
1 % (afgerond)Hoë Veld

Meerledige geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (Bron: AWS 12.28)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die museum is ’n moderne, ........ gebou.


97 % (afgerond)hoekige 
1 % (afgerond)hoeksig
hoeksige
2 % (afgerond)hoekig

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("hoekig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Wat is die vroulike vorm van "profeet"?


93 % (afgerond)profetes 
3 % (afgerond)profetin
2 % (afgerond)profites
3 % (afgerond)profettes

Die vroulike vorm van "profeet" is "profetes". Ander soortgelyke vorme is "prinses", "digteres", "priesteres" en "minnares".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties