3739 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 16 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-10-2019 só ingevul:



Hulle verhouding was maar ........ van aard.



99 % (afgerond)kortstondig 
1 % (afgerond)kort stondig
kort stondeg
kortstondeg

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-ig”) wat ʼn woordgroep (“kort stond”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Die Tesourie sal ........ moet tref om die finansiële krisis die hoof te bied.


96 % (afgerond)maatreëls 
maatreëlens
maatrelens
4 % (afgerond)maatreels

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Jy sal met hom niks uitgerig kry nie, hy is so dikvellig soos 'n ........ .


26 % (afgerond)olifant
haai
73 % (afgerond)renoster 
1 % (afgerond)walvis

'n Renoster is bekend vir sy dik vel, vandaar die vergelyking vir iemand wat baie hardkoppig of onsensitief is.
Sien ook die bladsy Vergelykings.




Die ........ was te oulik toe sy die ring aan die bruid gee.


16 % (afgerond)klein blommemeisie
83 % (afgerond)blommemeisietjie 
bloemmeisienkie
1 % (afgerond)blommemeisiekie

Woorde wat op ’n tweeklank of “-ie” eindig, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.5). Die woord "meisie" is inderwaarheid reeds 'n verkleiningsvorm. In Afrikaans verdubbel ons dus die verkleiningsvorm omdat ons nie meer die woord "meisie" as 'n verkleiningsvorm beskou nie.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties