3149 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 30 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-04-2024 só ingevul:



Die lyk van die ........ man is ná die teregstelling begrawe.


3 % (afgerond)onthoofte
20 % (afgerond)onthoofde of onthoofte 
77 % (afgerond)onthoofde
onthoof

ʼn Deelwoord is ʼn woord wat deels ʼn werkwoord en deels ʼn ander woordsoort (selfstandige of byvoeglike naamwoord) kan wees. As die werkwoord op “f”, “g” of “s” eindig, kry dit “ge-+-te” of “ge-+-de” in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Sy het 'n uitroep van skok ........ nadat sy die regter se uitspraak gehoor het.


2 % (afgerond)gëuiter
59 % (afgerond)geuiter 
11 % (afgerond)geüiter
29 % (afgerond)ge-uiter

Ter wille van tradisie, of omdat daar geen uitspraakprobleme bestaan nie, word die deelteken nie in hierdie geval gebruik nie, selfs al behoort die betrokke aangrensende vokaalletters tot verskillende lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Daar is slegs een vroedvrou in die ........ .


1 % (afgerond)kouga plaaslike munisipaliteit
74 % (afgerond)Kouga Plaaslike Munisipaliteit 
25 % (afgerond)Kouga plaaslike Munisipaliteit

Geografiese name, byvoorbeeld die name van provinsies en streke, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus.
'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .


33 % (afgerond)kommerwekkend
2 % (afgerond)beklemmend
2 % (afgerond)opwindend
63 % (afgerond)twyfelagtig 

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig.
Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties