3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-04-2024 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 01 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-04-2024 só ingevul:



Dit is baie gesond om ........ in ’n slaai te eet.


1 % (afgerond)slegs sellery
53 % (afgerond)seldery of sellery
1 % (afgerond)slegs selery
45 % (afgerond)selery of seldery 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "seldery – selery"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal - meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




Nagraadse studente moet ........ met die nuutste ontwikkelinge op hulle spesialisasiegebiede.


1 % (afgerond)tred-hou
70 % (afgerond)tred hou 
28 % (afgerond)tredhou

Die kollokasie "tred hou" beteken 'op hoogte bly'. Die woord "tred" beteken 'stap; tree'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.


3 % (afgerond)in staatstel
79 % (afgerond)in staat stel 
9 % (afgerond)instaat stel
10 % (afgerond)instaatstel

Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




'n Mens moet vergoed word vir jou dienste.
Wat is die woordsoort van "word" in bostaande sin?



13 % (afgerond)skakelwerkwoord
28 % (afgerond)koppelwerkwoord
53 % (afgerond)hulpwerkwoord
6 % (afgerond)omskrywingswerkwoord 

Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree, byvoorbeeld:
As koppelwerkwoord:
Dinge “word” beter met verloop van tyd.
As omskrywingswerkwoord:
'n Mens moet vergoed “word” vir jou dienste.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties