3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 02 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-04-2024 só ingevul:



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.


82 % (afgerond)polvyntjies 
1 % (afgerond)skuimpies
11 % (afgerond)makrolletjies
5 % (afgerond)kolwyntjies

Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Sirië en Turkye is onlangs deur verwoestende ........ getref.


2 % (afgerond)slegs aardbewinge
61 % (afgerond)aardbewinge of aardbewings 
1 % (afgerond)aardbewings of aarbewingen
36 % (afgerond)slegs aardbewings

Die meervoud van "aardbewing" is "aardbewings" of "aardbewinge".
Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




In die sterrekunde verwys ........ na die sterrebeeld "Ursa Major".


2 % (afgerond)groot Beer
95 % (afgerond)Groot Beer 
2 % (afgerond)Groot beer
1 % (afgerond)groot beer

Geografiese eiename, inklusief die name van sterre, planete en sterrebeelde, word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Dis nie te ........ dat die span die toets al wen nie; hulle het die afgelope seisoen goed gespeel.


88 % (afgerond)vergesog 
6 % (afgerond)verregaande
vergegaan
5 % (afgerond)vergesogt

Die woord "vergesog" beteken 'geforseerd' of 'wat ver byeengebring is'; die woord "verregaande" beteken 'buitensporig', 'erg' of 'moedswillig'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties