04 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-04-2024 só ingevul:
Jy word aan hierdie ........ gemeet.
maatstaf
maatstaaf
maat-staf
maat staf
ʼn Samestelling ("maatstaf") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("maat" en "staf") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Daardie klein ........ is 'n knapie wat nie onderskat moet word nie, hoor!
Name of vanne wat op "e" of "ers" of "s" eindig, en wat nie uitgespreek word nie, kry in die meervoud of verkleiningsvorm 'n afkappingsteken.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
........ Die baba slaap, en as julle haar wakker raas gaan julle les opsê! Watter tussenwerpsel sal as waarskuwing dien in bostaande sin?
Ai!
Foeitog! Sjuut!
O!
Tussenwerpsels (ook uitroepe genoem) word gebruik om verbasing, blydskap, hartseer, pyn, ensovoorts uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
In die winter groei hier baie ........ .
Vark-blomme varkblomme
vark blomme
Varkblomme
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "varkblomme", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)