3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 04 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-04-2024 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "vasteland" is ........ .


98 % (afgerond)kontinent 
1 % (afgerond)eiland
1 % (afgerond)gondwana

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kontinent" kom van die Latynse "con" en "tenere" wat 'hou' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die nuwe dominee het ’n ........ geaardheid.


3 % (afgerond)inemende
2 % (afgerond)innemend
95 % (afgerond)innemende 
inneemend

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("innemend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die winkel word van Woensdag tot Vrydag gesluit: ........ gaan gedoen word.


39 % (afgerond)Voorraadopname 
1 % (afgerond)Voorraad opname
3 % (afgerond)voorraad opname
57 % (afgerond)voorraadopname

Indien 'n volsin ná 'n dubbelpunt volg, word dit met 'n hoofletter geskryf. (AWS 13.19)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.




Leiers van die gemeenskap moet ........ .


91 % (afgerond)'n goeie voorbeeld stel 
1 % (afgerond)by voorbeeld wees
8 % (afgerond)met 'n voorbeeld lei

Party vertalings van Engels na Afrikaans is voor die hand liggend, ander is bietjie moeiliker.
Die Engelse uitdrukking "lead by example" is in Afrikaans "'n goeie voorbeeld stel".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties