3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 08 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-04-2024 só ingevul:



Sy het haarself boeglam geskrik toe die inbreker ........ in haar deur verskyn.


skillik
95 % (afgerond)skielik 
3 % (afgerond)skiellik
2 % (afgerond)skilik

'n Konsonantletter wat tussen 'n kort [i], [y] of [u] of 'n [ø:] en 'n volgende vokaalletter staan, word nie verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Die Nazi's het die Jode wreed ........ .


85 % (afgerond)onderdruk 
5 % (afgerond)geönderdruk
7 % (afgerond)geonderdruk
3 % (afgerond)ondergedruk

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die ........ se waarde daal by die dag.


56 % (afgerond)Rand
44 % (afgerond)rand 

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.




Wanneer ek kwaai hoofpyn het, lê ek ʼn rukkie met ʼn koue ........ op my voorkop.


2 % (afgerond)komppres
86 % (afgerond)kompres 
1 % (afgerond)komppress
11 % (afgerond)kompress

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties