'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “taktiek - die taktiek – taktieke”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verskeie wêreldstede het deesdae ........ om pendelaars te vervoer.
mol treine
moltreins
mol-treine moltreine
ʼn Samestelling ("moltrein") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mol" en "trein") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wanneer 'n ampsbenaming ("senior bestuurder") of die naam van 'n instelling 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
As iemand jou vergesel, is hy jou ........ .
oppasser
gas metgesel
'n Gas is iemand wat sonder betaling oornag of vir ete genooi is; 'n oppasser is iemand wat iemand anders (meesal 'n kind) oppas.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)